Friday, 17 June 2011

Als in een


Hoe kan ek liefhê, verlief wees en begeer terseldertyd? My emosies in n warboel, my denke geskroei. Nie n tweestryd nie, dis erger. Waarmee het ek my tog nou bemoei? Dis n chemiese reaksie een oomblik. Passie, tongknopery, bloos. Weet nie of ek kom of gaan nie Sy nabyheid maak my moedeloos... Dan sien ek weer sterretjies, voel snaaks as sy arms om my gaan. Praat vir ure en ure wat voel soos sekondes. Gesteelde oomblikkies onder die maan... En dan is daar die versekerheid, die wete dat ewig sal hou. Geen afstand kan die kettings breek, van die pyn en vreugde wat jou knus omvou...

No comments:

Post a Comment